Wie is ons

Ons dryfvere

Wat is ons dryfvere?

Natuurlik het ons mense ook die dryfveertoets afgelê en dit lyk nie anders as die dryfvere van jou medewerkers nie.

Daarom strewe ons by Profile Dynamics® daarna dat ons mense:

✓ Dinge doen waarin hulle goed is
✓ ’n Taak het wat by hulle dryfvere pas
 Gemotiveer is én beter presteer

Daarmee het ons sedert 2005 suksesvol duisende klante gehelp om hulle span en organisasie te verbeter.

Ons missie: om mens en organisasie aan mekaar te verbind

Ons glo dat as mense insig verkry in hulle dryfvere en hulle kan doen wat by hulle dryfvere pas, hulle meer plesier en genoegdoening sal ervaar en daardeur gemotiveer word om nog beter te presteer.

Wil jy meer weet?

Skakel ons of stuur aan ons ’n e-pos.

PO Box 68
Omaruru
Namibië
T +264 64570505
E office@profiledynamics.nl

Lees weer

“Effektiewe leierskap begin by die ontdekking van wat jóu persoonlik dryf. Waarvoor j‎yself ’n talent het.”
— ir. Jaap Weijers, gastdocent bij het Leadership Development Program (LDP) Nyenrode Business Universiteit 

800p-25
800p-19

Profile Dynamics stigters Hans de Jong en Wilma Kuipers:

“Elke werknemer is uniek en bring iets ekstra vir organisasies. Dit kan kennis en ervaring wees, maar waar werklik ’n groot verskil mee gemaak word, is entoesiasme. Dit beteken dat wanneer die medewerker gemaklik voel met wat hy/sy doen hy/sy toegewyd tot die organisasie voel en met plesier die ekstra myl loop. ’n Ideale passing tussen mens en organisasie. Om dit moontlik te maak, het ons Profile Dynamics® ontwikkel.”

Wil jy ook vanuit dryfvere werk?

Sorg dan dat mense hulle dryfvere ken en verstaan. Dit doen jy deur insig te verkry van wie jy is. Profile Dynamics® sorg daarvoor dat jy insig verkry in jou eie dryfvere en die dryfvere van jou eie mense. Profile Dynamics® is toepaslik vir elke vlak van werk, van klein spanne tot volledige organisasies. Van ’n klein onderneming tot ’n multinasionale maatskappy.

Wat is ons dryfvere?

Ons is geel, oranje en groen gedrewe. Ons bied diepgaande insig (die geel analitiese dryfveer) in die dryfvere van mense: individueel sowel as in spanne, as in organisasies. Die onderlinge verhouding tussen mens en organisasie is die sleutel (verbondenheid, vanuit die groen dryfveer). Met die insig wat verkry word, kan mense, spanne en organisasies stappe doen om verder ontwikkel te word en deur te groei (doel- en resultaatgerigte oranje dryfveer).

Wil jy weet wie die mense agter Profile Dynamics® is?
Bekyk ons hele span

Wil jy met Profile Dynamics® werk?
Ons bring jou in kontak met ons konsultante

Medewerker Profile Dynamics

Wil jy jou span of organisasie verbeter?

Het jy spesifieke punte van aandag waarna jy wil kyk? Kom ons maak kontak. Ons sal jou graag meer wil vertel oor die verskillende toepassings en instrumente.

Kontak ons gerus