Hoe jy jou spanne en organisasie laat ontwikkel

Ontdek die stille krag in jou organisasie

Deur persoonlike motiewe van mense te ontdek, verhoog ons hulle persoonlike sukses en dié van die spanne en organisasies waarby jy betrokke is.

Drie stappe na sukses

Ons weet alles van dryfvere en hoe jy daarmee mens en organisasie by mekaar uitbring. In drie stappe motiveer ons mense om daarmee die inset en die prestasies van mense en organisasies te verbeter.


“Reeds sedert 2005 kon ons al duisende klante ondersteun deur op hierdie manier hulle werkplesier te verhoog en die verbetering van mense se prestasie op alle vlakke binne die organisasie te verbeter.”

Stap 1. Persoonlike dryfvere

Ons ontledings bied selfinsig en maak dit duidelik wat vir mense belangrik in hulle werk is. Die uitslag dui aan watter dryfvere vir jou belangrik is. Daar is sewe dryfvere.

Profile Dynamics is gebaseer op die idees van die Amerikaanse sielkundige, dr. Clare W. Graves

Hoe werk dit?

Dit neem ongeveer 20 tot 30 minute om ‘n aanlyn-vraelys in te vul. Dit is die unieke kombinasie van dryfvere wat jou persoonlikheid kenmerk.

Persoonlike aanpassings

Jy het al sewe dryfvere in jou, maar die waarde wat ons aan elke afsonderlike dryfveer heg, verskil van mens tot mens.

Die uitslag van die dryfveerprofiel lees jy in ’n duidelike verslag wat spesifiek vir jou geskryf is.

Stap 2. Die dinamiek van die span

Deur jou span te ontleed, leer jy elkeen se dryfveer ken. Hierdeur kan jy jou spanlede doelgerig motiveer en hulle inset en prestasie bevorder.

Ons karteer die dinamiek in jou span op ’n duidelike en aantreklike manier. Met die praktiese hulp wat hierdie ontleding bied, kan jy begin om jou span verder te ontwikkel en te optimaliseer.

Die span verbeter

As bestuurder kan jy dan bepaal of jy die samestelling van die span kan aanpas, deur byvoorbeeld medewerkers met ondersteunende, aanvullende dryfvere in diens te neem, of deur huidige medewerkers te motiveer en aanvullende vaardighede te ontwikkel.

Waarom organisasies ons verkies:

Spanwerk: elkeen is uniek

 Wetenskaplik onderleg

 Meer as dertien jaar ervaring. Baie toepaslik & prakties

Nyenrode Business Universiteit het vir jou die weg aangedui:
“Profile Dynamics® bied diepgaande insig in die dryfvere van mense en is dus ’n ideale hulpmiddel om in die MSc- en MBA-programme van die Nyenrode Business Universiteit te gebruik. Persoonlike leierskap vorm die kern van die programme van Nyenrode, en om aan jou persoonlike leierskap te werk, moet jy jouself nog beter leer ken. Profile Dynamics® help enorm daarin, omdat jy die persoonlike waarde wat jou motiveer goed leer ken.”

– Victoria Bressers, Senior Raadgewer, Loopbaan- en Persoonlike Ontwikkeling. Nyenrode Business Universiteit

victoria_bressers_012016

Stap 3. Hulpmiddels om jou organisasie te ontwikkel
Dryfvere en bedryfskultuur

Ten slotte speel die kultuur van ’n organisasie ’n rol. Die nodige dryfvere is anders vir ’n beginnerorganisasie as vir ’n korporatiewe organisasie, en vir ’n verpleeginrigting anders as vir ’n handelsorganisasie (verkoopsorganisasie).

Jy verkry met ons analises insig in die skakel tussen jou organisasie en jou medewerkers en jy sien waar jy verbeteringe in die span teweeg kan bring.”
+F5

iceberg
Medewerker Profile Dynamics

Wil jy jou span of organisasie verbeter?

Het jy spesifieke punte van aandag waarna jy wil kyk? Kom ons maak kontak. Ons sal jou graag meer wil vertel oor die verskillende toepassings en instrumente.

Kontak ons gerus