Instrumente

Profile Dynamics® is spesiaal ontwikkel vir die analise van individuele sowel as spanne, afdelings en selfs hele organisasies.

Persoonlik

Persoonlike profilering
Die Profile Dynamics® toets verskaf insig in persoonlike voorkeure en dui aan tot watter mate ’n mens vir ’n sekere beroep geskik is, of hy in ’n span pas, of hy persoonlike afrigting nodig het en of hy homself miskien in ’n ander posisie beter sal laat geld. Die objektiewe en neutrale toetsresultaat maak hierdie aspekte sigbaar en dus bespreking daarvan moontlik. Daarby help dit om die persoonlike wense enersyds en die moontlikhede en behoeftes van die organisasie andersyds by mekaar te laat pas.

Belangrike toepassingkategorieë is byvoorbeeld:

  • personeelwerwing en -seleksie
  • bestuursontwikkeling
  • mobiliteit
  • uitplasing
  • herintegrering
individuel analysis

Wil jy meer weet?

Skakel ons of stuur aan ons ’n e-pos.

PO Box 68
Omaruru
Namibië
T +264 64570505
E office@profiledynamics.nl

Lees weer

Spanne

Spantoetsing en -afrigting

Elke leier ken die probleem: die span ‘werk nie’ en om daaraan iets te verander is glad nie so eenvoudig nie. Profile Dynamics® beskik oor ’n spesiale module vir die analise van spanne en maak daarmee insigte moontlik in die interaksies tussen verskillende spanlede. Die module is ’n hulpmiddel vir spanbousessies en spanopleiding.

Spanopleiding is uiters waardevol vir die verbetering van kommunikasie binne die spanne en die optimalisering van spansamestellings.

Hierdie voorbeeld dui aan dat geel (kreatiwiteit en vernuwing) ’n belangrike gemeenskaplike dryfveer van die groep is en dat resultate tel (oranje). Daarbenewens het die mense ook ’n oog vir arbeidsverhoudings (groen). In die finale berekening verskaf geel die meeste energie. Daar is ’n groot weerstand teen te rigiede en streng reëls (blou), konserwatisme (pers), asook aggressie en konflik (rooi).

‘n Vergelyking van die profiel van enkele werknemers dui aan dat alle spanlede dryfvere in gemeen met die leier het, behalwe spanlid 3. Hierdie meer sosiale (groen) en presiese (blou) persoon pas nie in die span nie en vind slegs by spanlid 2 aanklank vanweë sy regulerende dryfveer (blou). Hierdie dryfveer is juis dié een wat baie weerstand in die groep meebring (sien hierbo).

Organisasies

Organisasieversterking

Net soos met spanne kan ons ook afdelings en hele organisasies analiseer. In die afbeelding word die profiel van verskillende afdelings van ’n organisasie voorgestel. Met een oogopslag is dit duidelik waar die organisasie goed aansluit by sy werknemers waar daar probleme kan wees. Daarbenewens is dit duidelik of die profiel van die afdelings by die aard van die werk pas. Dit bied aanknopingspunte vir veranderingsbestuur en die rasionalisering van die organisasie.

orch chart

Die voorbeeld hier dui aan dat die departemente en hul profiele goed by hul tipe werksaamhede pas en dat die meeste leiers met die afdeling sowel as met die bestuurspan goeie ooreenstemming toon. By die afdeling Produksie is dit egter nie die geval nie. Dit kan tot probleme tussen Hoofbestuur en die hoof van Produksie lei. Dié afdeling sal dan ook kant kies vir hul afdelingshoof met wie hulle ’n goeie verhouding het.

Bevoegdheidsbestuur

Bevoegdheidsbestuur is nog ’n belangrike toepassing. Elke funksie benodig immers ’n eie pakket van persoonlike vaardighede. Hierdie vaardighede kan uit ’n persoonlike profiel afgelei word. So vereis ’n verkoopsfunksie ’n oranjekleurige resultaatgerigtheid, terwyl betroubaarheid en akkuraatheid die swaarste weeg en ’n hoë blou waarde wenslik is vir ’n posisie in Finansies.

Profile Dynamics® stel u in staat om moeiteloos vanuit die omskrywings van u werksaamhede en die bypassende bevoegdhede voorkeurprofiele vir die ideale kandidate saam te stel, en ook omgekeerd te sien of ’n kandidaat vir ’n bepaalde funksie geskik is.

Groei en ontwikkeling

Profile Dynamics® is uniek nie net omdat dit akkuraat en objektief mense se dryfvere meet nie, maar ook omdat dit ‘n reeks praktiese gereedskappe bied om hoe organisaties werk te verbeter. Daar is verskillende vlakke waarop organisasies hul kennis van hierdie dryfvere kan gebruik om groei en ontwikkeling te bevorder: op individuele werknemer-vlak of op die vlak van die organisasie self.

Instrumente  → Personlike
Analise
Team
Dynamics
Management
  Konflik hantering
  Konsultatie
  Veranderingsbestuur
  Span samenstelling
  Teambuilding & -development
  Kultuur analise
  Organisational development
Human Resources
  Rekruterin & seleksie
  Uitplasing
  Opleiding & begeleiding
  Herintegrering
  Siekteversuim beheer
  Loopbaan advisering
  Bestuur ontwikkeling
  Geskiktheid beheer
Medewerker Profile Dynamics

Wil jy jou span of organisasie verbeter?

Het jy spesifieke punte van aandag waarna jy wil kyk? Kom ons maak kontak. Ons sal jou graag meer wil vertel oor die verskillende toepassings en instrumente.

Kontak ons gerus