Wetenskaplike basis

Dryfkrag

Waarom doen mense wat hulle doen? Wat dryf hulle? As ons hierdie vrae kan beantwoord, het ons die sleutel tot die motivering van mense om aan hulle meer werksbevrediging te gee, die werksomgewing te verbeter en hul betekenis vir die organisasie te vergroot.

McClelland se ysbergmodel dui aan dat daar onsigbare dryfvere onderliggend aan ons norme en waardes is wat in sigbare gedrag tot uiting kom. Die ontleding van hierdie dryfvere maak dit moontlik om mense doelgerig te motiveer en hul dryfkrag en prestasie te bevorder.

iceberg

Wil jy meer weet?

Skakel ons of stuur aan ons ’n e-pos.

PO Box 68
Omaruru
Namibië
T +264 64570505
E office@profiledynamics.nl

Lees weer

Agtergrond

Profile Dynamics® verduidelik waar mense energie vandaan kry in hul werk en wat die energie kos, of hulle maklik by veranderinge aanpas en hoe halsstarrig of besluitvaardig hulle kan wees. Profile Dynamics® verskaf kennis oor die onderliggende waardesisteme van mense wat grotendeels hul denke en gedrag bepaal. Dit is egter nie al nie. Profile Dynamics® maak dit ook moontlik om hierdie kennis prakties te gebruik. Dit is ’n sleutel tot prestasie, waarmee die organisasie en die mense wat daarin werk beter teenoor mekaar ingestel kan word asook om die werksomgewing en die organisasie op ’n hoër vlak te plaas.

Types

Die analise het sy oorsprong in die idees van die Amerikaanse professor in die sielkunde, Dr. Clare W. Graves. Hy het sewe intuïtiewe waardesisteme onderskei wat die menslike denke en handelinge bepaal. Elke mens het ’n ander verwantskap met hierdie waardesisteme. Hulle word met behulp van ’n toets gemeet wat spesiaal daarvoor ontwikkel is.

Die sewe dryfvere, die waardes wat daarmee saamhang en die onderskeidelike gedragspatrone word elk met ’n eie kleur aangedui. In die praktyk bly die waardesisteem van ’n mens oor ’n lang tyd betreklik konstant, alhoewel omgewingsveranderinge en lewenservarings deurgaans verskuiwings kan teweeg bring.

Elke waardesisteem het sterk en minder sterk kante. Daarom kan die profiel van ’n mens ook nie “reg” of “verkeerd” wees nie. Nietemin kan dit mense min of meer vir bepaalde soort werk aantoon. So is empatiese vermoëns (groen) en sorgvuldigheid (blou) as dryfvere baie wenslik in die versorgingsberoepe, terwyl dit nodig is om ook ‘n deel oranje (prestasie-oriëntering) en rooi (daadkrag) in ’n verkoopspan te hê om goeie resultate te verkry.

Met kennis van die dryfvere kan ons dus die funksie en die persoon beter bymekaar laat pas, spansamestellings optimaliseer en doelgerig probleme opspoor en oplos.

Spiral

Analise

Om te meet is om te weet. Die Profile Dynamics® toets bestaan uit ’n eenvoudige vraelys. Hierdie toets is op die internet beskikbaar en die beantwoording daarvan neem ongeveer 20 tot 30 minute. Die spesiale sagteware analiseer u antwoorde en verwerk u persoonlike profiel in ’n grafiek. Die ekspressie (links) dui aan in watter volgorde van voorkeure u doen en dink. Die weerstand aan die ander kant dui aan watter waardesisteme lei tot negatiewe gevoelens ten koste van energie.

Die profiel wat hier aangetoon word, is dié van ’n persoon wat daarvan hou om met ander mense om te gaan en om ’n goeie werksverhouding met kollegas te handhaaf (groen), maar ook n oog vir orde, struktuur en reëlmaat het (blou). Die weerstand dui aan dat hierdie persoon probleme met konflikte het (rooi) en hom kan verset teen nuwe inisiatiewe en veranderinge (geel).

Die energiebalans verduidelik watter waardesisteme in die profiel in die finale berekening die meeste energie oplewer (hier: blou struktuur en reëlmaat sowel as groen sosiale groepsverband) en watter waardesisteme die meeste energie kos (hier: rooi konflikte en te sterk druk op prestasie en werkverrigting van oranje).

individuel analysis
energy balance
Medewerker Profile Dynamics

Wil jy jou span of organisasie verbeter?

Het jy spesifieke punte van aandag waarna jy wil kyk? Kom ons maak kontak. Ons sal jou graag meer wil vertel oor die verskillende toepassings en instrumente.

Kontak ons gerus